Die Teler en Genetika
October 2, 2013
Dit is baie goed om die wette van Mendel te bestudeer. Dit gee vir ons die teoretiese sy van teling, en weet ons waaroor dit gaan. Maar om dit prakties toe te pas, is ‘n perd van ‘n ander kleur. Ons kan nie vir die duif vertel watter van sy chromosome ons verlang nie. Ons wil graag ons duiwe innerlik(geneties) reg hê, en ook uiterlik(foneties). Al kry ons die duif foneties min of meer reg, kan daar geneties nog baie skort. Dit is dan hier waar prestasietoetsing inkom. Hier haal ons uit die duif wat in hom is. ‘n Belg het ‘n ware spreukwoord gehad : “Jy kan nie uit n fles neem wat nie daarin is nie.
Die teler moet sy duiwe haarfyn ken en bestudeer. Dan praat ons nie net van die uiterlike nie, maar ook wat die teling van die karakter van elkeen van hulle is. Families het hulle bouvorm, maar ook sekere karaktertrekke, en dit is juis laasgenoemde wat die uitslae van die wedvlugte grotendeels beinvloed. Daar kan baie goeie vliëers onder hulle wees, maar wat sku is om in die hok in te gaan. Dit is ‘n gebrek aan die regte karakter, temperament of afrigting. Baie wedvlugte word verloor deur swak afrigting. Besluit nou self waar die fout lê. Daar kan duiwe wees wat maar gewoonweg laat is, en hier is dan ‘n tekortkoming wat met die teling reggestel kan word.
Wyle oom Bill Morkel het gesê: “First look for the winning genes.” Dit kan nie oorbeklemtoon word nie.
‘n Stukkie oor oom Bill se duiwe: Alhoewel ek die afgelope tyd weens finansiele redes nie kan duiwe vlieg nie, het ek maar besluit om die pen op te neem en oor dit wat ek weet te skryf. My duiwe loopbaan het al op skool op Hopetown begin toe ‘n verdwaalde duif by ons huis opgedaag het. Ek het altyd met belangstelling gekyk as die ouens hulle duiwe oefen om die hok, en dit het my vreeslik gefassineer. Ek het met die tyd vir my ‘n hokkie gekry en toe ook sommer n paar duiwe aangeskaf van plaaslike duiweboere. Daar was nie geld nie, en met my moeder se hulp kon ek vir die duiwe kos gee en by die plaaslike duiweklub aansluit. Tcp, Lintex, Terremycin, Bio Plus, en Dubble Bennix was my medikasie wat ek plaaslik by die skaapboere gebedel het. Verder het my duiwe net geel mielies gekry om te eet. Dit het nie baie goed gegaan in die wedvlugte nie, die duiwe wat ek gekry het by ander duiweboere was nie van uitstaande gehalte nie, en was ek gelukkig om so nou en dan ‘n plekkie te vlieg, tog was ek tevrede, want ek het my eie duiwe gehad. Ek moes my duiwe om die hok oefen na skool en soms het ek hulle uitgeneem vir oefening met my fiets, en het ek gewoonlik lank na die duiwe by die huis aangekom, doodmoeg. So het ek vir drie jaar aangegaan. Ek het een skoolvakansie by my oom Willem Venter in die Transvaal gaan kuier. Hy was op daardie oomblik ‘n afgetrede duiweboer, en die gewese kampioen van die Vaal Driehoek, en het hy duiwe opgegee weens sy gesondheid. Toe hy verneem dat ek duiwe vlieg, het hy my meegedeel dat ek een aand by sy ou huis moet gaan kyk, want hy dink daar het van sy duiwe teruggekom wat hy by ‘n veiling verkoop het nadat hy die sport vaarwel geroep het.
Ek is toe daar weg, en nadat ek al ‘n slag van die huis se dak in die swembad beland het, twee aande later met twee duiwe, by sy huis opgedaag. Die trane het in sy oë opgewemel, toe hy die duiwe hanteer. Hy het my meegedeel dat daardie duiwe van sy ou bloubloed, afkomstig van wyle oom Bill Morkel was, en dat alhoewel die duiwe al redelik oud is, dit van sy beste teelduiwe was en ek so gou as moontlik met hulle moet teel. Ek is terug huistoe met die duiwe, en ek het n paar jong duiwe gebruik om hulle kuikens uit te broei en te voer. Nie minder as twee jaar daarna, eindig ek tweede in ons klub met agt van hul kuikens. Hieruit het ek geleer dat kwaliteit duiwe saak maak en dat ‘n mens reg van die begin af, reg moet begin met duiwe wat karakter het.
As ons so selekteer dat ons op wenners konsentreer, dan is ons op die regte pad. In S.A. het ons nie so baie wedvlugte per seisoen nie. Jy word ook nie toegelaat om in meer as een klub te vlieg nie, en dan is hier nie klubs wat net op kort tot middelafstande spesialiseer nie, of net op langafstande nie. Daarom kry ons nie hier duiwe wat dertig of meer wedvlugte gewen het nie. Dit weerhou die duiwe om oor hulle verskillende afstande te spesialiseer. Maar dit is geen verskoning om na die wenners te soek nie. Hier in ons land is daar net sulke goeie duiwe as oorsee, indien nie beter nie, maar net minder. Vergelyk ons land met 20000 duiweboere in vergelyking met Belgie se 85000. Die duif moet geneties reg wees om die aangewese karaktertrekke te openbaar. Soms kan ons vasstel wat daardie karaktertrekke is, deur net stip na die duif te kyk. Vergelyk dit met die mens, jy kan gou sien of iemand befoeterd is van geaarheid, en of iemand innemend is, of teruggetrokke is. So kan ons met goeie waarnemingsvermoë dinge opmerk. Hierdie is een van die mees uitsonderlike eienskappe waaroor ‘n teler moet beskik. Dit tesame met die kennis van die duif is van die uiterste belang om sukses met teling te kan hê. ‘n Goeie teler moet ferm wees. Wees ferm in jou afrigting, maar wees ook ferm in teling. Raak gou ontslae van die negatiewe faktore en raak onslae van duiwe met swak hokmaniere. As hy nie dadelik reageer om jou sein nie, is hy besig om sy wil teen joune te meet, en moet hy dadelik uitgeskakel word. Hoe fermer jy optree, hoe groter is jou kans op sukses. Doen dit want sentiment gaan jou niks in die sak bring nie. ‘n Hollander het met so ‘n geval na hy gesukkel het om die duif in die hok te kry, hom dadelik nek omgedraai en gesê:” Liewer hy dood as ek, want hy gaan my n hartaanval laat kry.”
Aan die begin het ek gesê dat jy jou duiwe goed moet ken. Hulle sal almal foute hê, net soos ons mense, is hulle nie volmaak nie. Daarom moet jy soek na goeie oordraagbare eienskappe. Met ander woorde, kyk na die swak eienskappe van jou duif, en soek ‘n maat wat nie daardie fout het nie, maar nie een wat n teenoorgestelde fout het nie, dit sal sake net vererger, en ‘n groter fout laat ontstaan. Gebruik een wat nie daardie fout het nie, maar wat reg is. Dit sal een wees wat die regte genes sal hê, en dit sal oordra. Ons weet dat die jonge 50% van sy eienskappe van die vader en 50% van die moeder ontvang. As die jonges dan nog daardie fout oorgeërf het, is die een wat gekies was, nie goed genoeg nie, want die foutduif se fout is dan dominant, en behoort dit liewer uitgeskakel te word. Hier is die verskil tussen ‘n goeie en ‘n gemiddelde teler.
Die teling is die interesantste deel van duiweboerdery. Dit kan n mens soveel bevrediging gee as wat daarmee behaal is, maar ook net so frustrerend wees as jou resultate nie na wense is nie, en jy altyd langs die muur moet bly staan, as die klokke gelees word en die pryswenners aangekondig word. Dit gaan nie net om twee duiwe bymekaar te sit nie, dit gaan veel dieper. Net soos n mens meer aangetrokke voel tot n sekere mens, net so moet jy aangetrokke voel by die duiwe na jou keuse. Die groot mikpunt hier is prestasietoetsing. Die duif is een van die diere wat die strengste daaraan onderwerp word, en dit is jou plig om uit te sorteer, watter paar die beste jonges gaan teel om daardie gesogde karakter te teel. Die resultaat van die teling hang altyd af van die hantering daarvan. As dit suksesvol was, het ons die doel bereik. Stel dus vir jou n spesiale doel voor oe, en streef daarna.
Maak eers vir jou die saak uit wat jy wil bereik, voordat jy jou keuse maak. Besluit dan watter metodes gebruik gaan word. Daar moet voorraad gehou word, van dit wat ons het, en dit moet geevalueer word. Dan moet ons besluit wat om in te bring om daardie doel te bereik, en of so n dier wel beskikbaar is. Ons eindoel is sukses. Dit maak nie saak of ons vinnige kortafstand duiwe wil teel nie, of juis vir die harde pad nie. Ons sal sien of die mannetjie goed by die wyfies gaan aanpas, aldan nie. Dit is in ons hande om te verbeter, en die doel is nie net op voortplanting nie. Sonder om die eindoel voor oe te hou, is die resultaat doelloos.
Ons begin by die stamboom van die duiwe. Dit vertel vir jou uit watter familie die duif kom, of daar wenbloed in is aldan nie. Daar is bloedlyne waar die duiwe goed aanmekaar verwant is sodat die genepoel beperk is .Diere wat verwant aan mekaar is, met hul beperkte genepoel, sal minder afwykings toon as diere wat uit verskillende lyne kom. Die groot sukses gaan daaraan toegeskryf word, dat die voorouers bekend is, en in n sekere rigting geteel is. Strewe daarna om altyd die perfekte een te teel. Dit kan gedoen word as sekere vereistes nagekom word. Dit is n kuns om n kampioen te teel, en dikwels kom so n dier onverwags voor, en word as n onnatuurlike wese beskou, omdat hy bo alle ander uittroon. Dit kan ook een wees waarna gestrewe word, maar dit word aanvaar, en op stoet gebruik. As hy oor die voortreflike einskappe beskik, sal hy ook oor die genes beskik om dit weer oor te plant. Daar moet maar altyd gesorg word dat daar variasie in die stoet bestaan, want variasie kan verbetering teweeg bring. Dit kan deur twee faktore beinvloed word, naamlik : erflike en omgewingsfaktore wat gepaard gaan met die voeding. Geen duif wat hongerig grootword kan ooit n kampioen wees nie, want die ontwikkeling van die metabolisme het daaronder gely.
Die erflike tipe wat die genotype genoem word, en die omgewingsfaktore, die fenotipe. Dit is die fenotipe wat ons kan verkry deur die genetiese samestelling wat vir ons van groot belang is, om dit reg te kry. Dit is die rede waarom die teller as n ambagsman beskou word. Selfs in die dae toe genetika vir die mens duister was, was daar reeds na sekere einskappe geteel. Vandag nog is genetika n jong wetenskap. n Goeie kennis daarvan kan vir ons tellers van onskatbare
waarde wees, en die stoet kan met ongekende snelheid ontwikkel.
daar gestel deur oorerwing. Hierdie proses het reeds sy oorsprong in die bevrugde eiersel, maar die omgewingsfaktore speel ook n rol. Dit is veral opmerklik by perde. Waar ons die groot Percheron in die berge gaan los , sal ons later met n verpoonde diklyfperd te doene kry. Aan die ander kant, ons kan die Basoetoepoon uit die berge na vlaktes bring, en die perd gaan groter word. Die ontwikkeling van die dier is van uiterste belang, reg van die bevrugtigingstadium af, want van die stadium af speel dit n belangrike rol in die eindproduk. Die genetiese samestelling is die matetiaal wat van die ouers af verkry word. As die eiersel wat van die moeder afkomstig is, deur die spermsel wat van die vader af kom, bevrug word, bevat hierdie bevrugte eiersel n groot aantal bestanddele van albei ouers. Dit wil se dat die eienskappe van die ouers geerf word sodra bevrugting plaasvind, en is daardie eienskappe onherroeplik vasgele. Daaraan kan nie meer verander word nie, want die genetiese samestelling is alreeds bepaal.
Posted by Christiaan Venter. Posted In : Die Teler en Genetika
My experience is that many fanciers are dealing reckless with their racers. They have to join every week, the condition is hardly worth considering but this is so important. I only breed from birds which have performed well and therefore have earned a place in the breeding loft. The descendent of my pigeons, at least for me, is always good. Unfortunately, not all youngsters bred by me win on the assembly line top prizes. Who do?
For me, health system and motivation is important. Young birds need, like little children, much attention. So I spent the necessary time. Especially the feeding is very important. The first flight, they may be a little on the light side. If they feel anything too heavy, they will immediately less time train. For the first short sprint race they do not need much resources.
It is my belief that in order to race pigeons consistently at the top of the race sheet, fanciers should utilize the benefits of the scientific method on a daily basis in the loft. Winning races is far more than breeding a whole bunch of birds, putting them in a big room with perches, letting them out several times a week, and hoping they will race home. Many of these pigeons may fly home; but they will seldom race home. Speed is the result of passionate pigeons responding to a consistent well-planned management system.
Hope you will enjoy reading my block.
Enjoy!
Bond