Pigeon Sales & Auctions . Jewels Of The Sky. S.A.

Kombuis Apteek

September 30, 2013

Net gou die agtergrond. Eerstens. Ek is van mening dat ons te veel aandag gee aan vitaminis en medisyne in plaas daarvan om veral te konsentreer op minerale. Tweedens. Die medisyne wat ons ten duurste by duiwe winkels koop kan baie dikwels vervang word met natuurlike produkte wat sommer in die supermark gekoop kan word. Nie altyd nie. Supermarkte verkoop byvoorbeeld nie middels teen kanker nie ens.

 

Heuning

'n Paar aanhalings uit intrenet bronne. "The glucose in honey is absorbed by the body quickly and gives a immediate energy boost". "Honey is a immune system booster." "Honey is a cleansing tonic". "Honey has anti-bactarial properties". Ons het nou eers heuning "ontdek" en gebruik dit met baie baie goeie resultate.

Brouergis Poeier

Dit bevat baie magnesium en volgens 'n artikel op internet is dit een van die beste "pro-biotics" wat 'n mens kan kry. Dit verskaf uitstekende proteine aanvulling vir verslete spiere .

JIK, Virikull, Virkon S

Jik is uiters effektief teen virusse. Ons gee dit minstens een keer per week in die water. 5ml in 8L water.
Ons gebruik Virikull en Virkon S Dit ontsmet jou hok en duiwe teen 18 verskillende soorte virusse.

Appel Asyn

Slegte bakterië veral E Colie hou nie van suur goeters nie. Appel asyn het beslis ook bepaalde anti-biotika waarde en is bv uitstekend om brand wonde te behandel. Ons gee minstens een keer per week Appel asyn teen 5ml in 8L water.

Engelse Sout

Ons gee nie engelse sout om die duiwe sogenaamd te "suiwer" nie. Engelse Sout is magnesium. "Magnesium is been proven to develop athletisism" - Internet. Ons gooi engelse sout in die bad water en so 'n klein bietjie in die drinkwater, soms.

Beet

Die vorige Minister van Gesondheid se aanbeveling dat mense "beetroot" moet eet is nie sonder rede gedoen nie. Beet. Die volgende gekry op internet. Beet bevat ' baie hoë graad van koolhidrate. Beet blare bevat meer yster as spinasie. Beet suiwer bloed. Volgende vitaminis in beet blare in hoë konsentrasie. A1, B1, B2, B6 en Vit C. As jou vrou weer beet kook moet nie die water weggooi nie. Gooi dit by hulle drinkwater!!

Bies Melk

Bies.....is goud werd!! Die liewe Vader laat diere, selfs duiwe, vir die eerste drie dae met baie goeie rede bies produseer. Dit ontwikkel die immuniteit van baba dier teen allerhande siektes waarvoor hulle kwesbaar op so 'n jong ouderdom. Bies is moeilik bekombaar. As jy egter lekker geel bies kan bekom en dit in die duiwe se kos meng is die resultate verstommend. Veral natuurlik in die broei seisoen. Dit werk ook pragtig vir alle duiwe. So gereeld as moontlik. Bies is ook natuurlik 'n natuurlike ant-biotika. Lekker taai. Gooi sommer so 'n bietjie brouergis poeier by.

"Peanut Butter”

Hierdie idee kom van Adrian Luiss in Graaf Reinette. Hy noem homself die "Peanut Butter King". Grondboontjie botter natuurlik protiën ryk. Meng dit in die kos. Bietjie moeilik maar tog. Verkieslik die suikervry produk. As die duiwe dit eers ontdek is hulle mal daaroor.

Baba Kos

Die baba kos wat in supermarkte verkoop word bevat alles wat 'n duif nodig het. Veral kalsium. Dit moet egter die SOYA tipe wees. Knoffel olie en baba kos veral in die broei seisoen.

Knoffel

Die belangrikste omtrent knoffel is die feit dat 'n natuurlike antibiotika is. Dit verdun die bloed en nog belangriker dit hou muskiete weg dus ook duiwe vlieë as dit op 'n gereelde grondsalg vir die duiwe gegee word in die water maar eerder in die kos in olie formaat. Dit kan gekoop word by supermarkte in houertjies. Steel jou vrou se "liquidiser" en maak 'n pasta daarvan. Meng dit in die kos. Terwyl jy dit doen voeg sommer 'n bietjie brouergis poeier by.

Blomswael

Die vere van duiwe bevat baie swael. Hoe hoër die swael inhoud hoe beter is die veer kwaliteit. Tydnens die veveer tyd veral, kan daar bykans altyd so twee opgehoopte eetlepels blomswael by die kos gevoeg word. Wurms is ook deksels vies as hulle skielik met blomswael bestook word. Blomswael kan ook in die hokke geplaas word langs skulp gruis sodat duiwe daaraan pik na behoefte.

Molasse

Molasse bevat glukose. Dit is energie gewend en bevorder eetlus. Bind ontlasting. Dit sal egter nie siektes wat nat mis veroorsaak gesond maak nie. Een teelepel in 'n gieter water het 'n duidelike positiewe effek op die duiwe om 'n bietjie langer om die huis te vlieg. 

Yoghurt

Yoghurt (suikervry) is 'n skitterende plaasvervanger vir Bies as Bies nie bekombaar is nie. Uitstekende "pro-biotic" en maklik bekombaar. Baie goed om kos te benat om dan Brouergis of enige ander poeier by die kos te voeg.


 

Pigeon Diseases, Symptoms, Prevention and Treatments

September 30, 2013

Canker - Trichomoniasis Canker
Cause - This is the most common pigeon disease. It's caused by a microscopic protozoan which is flagellated and therefore mobile. It can be transmitted from one bird to another usually through the drinking water and parent birds can infect their young through feeding.

Symptoms - Infected birds show a definite reduction in activity, ruffled feathers, loss of weight, increased water intake and diarrhea. Cheesy yellowish deposits can often be observed in the mouth or...


Continue reading...
 

Besprekings oor siektes , Simtome en behandeling.


Christiaan Venter Ek glo nie daaraan om die duiwe onnodig met medikasie te behandel nie, aangesien die duiwe dan geen humuniteit opbou teen siektes nie. Belangrike reels om toe te pas om gesonde duiwe te verseker: • Goed geventileerde hok waar daar geen trekke is nie As die mis nie gou uitdroog nie, is die hok se ventilasie verkeerd en moet dringend ondersoek ingestel word. Maw die hok moet ten alle tye droog gehou word. • Indien hok toe is moet daar vrye toegang wees tot n sonhok aangesien genoegsame suurstof noodsaaklik is. • Hok moet onder alle omstandighede nie oorbevolk wees nie, sodra duiwe geruik word, is daar te veel duiwe in die hok. • Daar moet nie kos in die hok oor bly na voeding nie, en moet liefs verwyder word tot volgende ete. • Hou muise uit hok en verwyder waterbakke na voeiding in aand. • Ent duiwe betyds teen Pokke, Paramixo, en Paratifus. • Stuur ten minste een keer n maand n monster van duiwe se mis na jou veearts vir ontleding, dit kos minder as medikasie. • Behandel slegs as siekte waargeneem of gediagnoseer is deur veearts.

Blog Archive

Make a Free Website with Yola.